Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 02 SEPTEMBER 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of dmv. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is Johan, ZS6JPN, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 en 1 297 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwes dat ons moet aankondig dat die sleutel van Mark Hammond, ZS1HM, op 18 September 2007 weens ‘nn hartaanval in die ouderdom van 85 jaar stil geraak het. Mark was baie vrygewend aan die Kaapstad Amaterradiosentrum, aan wie hy baie van sy toerusting bemaak het. Ons innige meegevoel gaan aan sy lewensmaat van baie jare, Dorothy, en sy seun Brandon wat in Australië woon.

(POUSE)

In die nuus vandag:

VOORTPLANTINGSNAVORSING EN TOEKENNINGSJAG, TWEE ONDERWERPE VIR ‘N GENOTVOLLE SONDAGAAND

VOORTPLANTINGSNAVORSING EN TOEKENNINGSJAG, TWEE ONDERWERPE VIR ‘N GENOTVOLLE SONDAGAAND

KONSEP KLT-REGULASIES ONDER DIE SOEKLIG

NUWE HOOF UITVOERENDE BEAMPTE VIR OKOSA

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

VOORTPLANTINGSNAVORSING EN TOEKENNINGSJAG, TWEE ONDERWERPE VIR ‘N GENOTVOLLE SONDAGAAND

Sluit vanaand om 19:00 by die Presidentsnet aan. Graham Hartlett sal ‘n belangrike SARL-navorsingsprojek bespreek waaraan SARL-lede, met toegang tot ‘n ontvanger wat seine in die 7 MHz-band kan ontvang, aan kan deelneem.

Integnet volg om 20:00 met Tjerk Lammers, ZS6P, as die gasspreker. Tjerk sal praat oorSARL-toekennings en QSL-uitruiling. Toekenningsjagter Jan Bothe, ZS4JAN, van Bloemfontein en DX-er Hans Kappetijn, ZS6KR, van Pretoria, sal by hom aansluit. Beide is ywerige kompetisiedeelnemers.

Klubs wat hulle herhalers aan die konferensienet wil koppel, moet voor middag vandag ‘n e-pos stuur aan armi@sarl.org.za met vermelding van die herhalerfrekwensie en –dekking en die landlyntelefoonnommer wat gekoppel moet word.

22 NUWE RADIOAMATEURS TOT DIE GARDE TOEGEVOEG

22 Nuwe radioamateurs is die afgelope week tot die radioamateurgarde toegevoeg deurdat hulle die klas B eksamen, wat 23 Augustus in verskeie sentra in die land afgeneem is, geslaag het. Ongelukkig het twee van die vier-en –twintig kandidate nie die paal gehaal nie. Twee van die suksesvolle kandidate het elk 97% gehaal. Hulle is H J Coetzee met die nuwe roepsein ZU6H, en H F Rolandi, ZU5HR.

Die jongste suksesvolle kandidaat, slegs 13 jaar oud, was J Ware met roepsein ZU6SP. Baie geluk en welkom aan al die kandidate wat geslaag het, julle is gelukkig om baie jare voor julle te hę om amteurradio te geniet.

Die volgende ZU-eksamen vind op 18 Oktober vanjaar plaas en die sluitingsdatum vir inskrywings daarvoor is 20 September, dus oor sowat 3 weke va nou af.

Die eksaminator, Graham Butler, bedank wat betrokke was om die eksamen moontlik te maak.

KONSEP KLT-REGULASIES ONDER DIE SOEKLIG

OKOSA het die EMV-werkgroep van die SATANSA TC73 en TC80 komitees gevra om te voorskyn te kom met konsepregulasie vir tipegoedkeuring vir KLT-toerusting as ‘n tydelike maatreel. Hierdie tydelike standaarde sal mettertyd vervang word deur internasionaal aanvaarde standaarde. Daar vind egter baie debattering plaas tussen lede van die Internasionale Spesiale Komitee oor Radiokommunikasie (CISPR) aangaande internasionale standaarde met ooreenstemming blykbaar nog in due verskiet. CISPR vergader later hierdie maand in Australië.

Die werkgroep het gedurende die afgelope twee maande vergaderings gehou en hoop om ‘n konsep te voltooi en aan die TC80-komitee later hierdie maand voor te lę. Sodra TC80 dit goedgekeur het, sal die konsep aan OKOSA voorgelę word vir verdere oorweging en nadat dit deur die OKOSA-Raad aanvaar is, sal dit in die Saatskoerant vir kommentaar gepubliseer word.

Die SARL is in die werkgroep verteenwoordig en het sy inset gelewer. Daar is voortgaande debattering en ongelukkigheid aangaande die SARL se eise dat alle frekwensies van die HF-amateurradiobande, tydens installasie van KLT-toerusting, uitgekeep word. In die besonder is die houding van KLT-toerustingvoorsieners dat hulle slegs frekwensies sal uitkeep indien steuringsklagtes ontvang word. Die SARL se uitgangspunt is dat radioamateurs gelisensieer is om in HF-bande te opereer en dat hulle regte beskerm moet word.

Daar is baie ander sake op die tafel waarvoor oplossings nog gevind moet word. ‘n Volgende vergadering vind hierdie week plaas. Lees meer aangaande KLT in die lede-afdeling van die SARL se webtuiste.

OKOSA STEL ‘N NUWE HOOF UITVOERENDE BEAMPTE AAN

OKOSA het Karabo Motlana as sy nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aangestel. “Karabo Motlana het die ondervinding, kennis en respek van die industriële sektor wat benodig word om OKOSA in die regte rigting te lei”, het OKOSA se voorsitter, Paris Mashile, gesę.

Verskeie ander bestuursposte is ook gedurende die afgelope aantal weke gevul en OKOSA het nou die regte opset van ingenieurs, wetspraktisyns, ekonome en publieke beleidskenners ten einde die taak te doen. “Ons is nou ‘n span en baie sal gehoor word aangaande die quantumverskil wat ons gaan maak in vergelyking met die verlede. Ons sien uit na ‘n vrugtevolle werksverhouding waar ons in staat sal wees om van die uitdagings wat in die gesig staar aan te pak”, het Mashile gesę.

Motlana kom van Cell C waar hy hoof van regulatoriese aangeleenthede was en voorheen was hy werksaam in Telkom se afdeling vir regulatoriese en staatsaangeleenthede. Hy sluit by OKOSA aan op ‘n tydstip wanneer hulle ‘n massiewe werklading aanpak, met algeheel nuwe lisensiëringsregime wat deur die telekommunikasiesektor opgelę word, en ‘n uitsaaisektor wat oorskakeling ondergaan van analoë na digitale tegnologië en nuwe betaaltelevisiespelers wat gelisensieer word.

Motlana het gesę dat hy die taak aanvaar aangesien na 12 jaar se spokery met OKOSA van die ander kant af, het dit nou tyd geword dat hy nou aansluit en te sien wat hy kan doen om te help. “Dit is ‘n ambisieuse agenda, maar ‘n mens wil uitvind wat die kwessies is en of hulle deur middel van ‘n rasionele proses aangespreek kan word. Ons beskik nou oor ‘n nuwe wetlike raamwerk en ons werk nie in ooreenstemming daarmee nie. Daar is ‘n hele swetterjoel van riglyne, voorskrifte en konsepregulasies, en ons moet hulle ernstig opneem en hulle toepas”. Hy neem by die vorige HUB, Jackie Manche, oor wat in Desember bedank het.

KOMPETISIENUUS

Uitslae van vorige kompetisies.

Boland 40 Meter kompetisie.

21 logstate is ontvang en die finale uitslag is dat Theunis, ZS2EC, eerste plek met 97 punte inneem, tweede is Raoul, ZS1REC, met 85 punte en Jan, ZS4JAN, is derde met 74 punte.

Brad, ZS5BG, het die hoogste telling in Afdeling 5 behaal en Ruaan, ZS6RMS, het die hoogste telling in Afdeling 6 behaal. Geen logstate is van Afdeling 3 ontvang nie. Die hoogste telling van 'n buurland is behaal deur Jack, V51KC, wat ook die algehele vierde plek inneem.

Die algehele wenner ontvang 'n 2007 ARRL-Antennahandboek (uitgawe 21) wat deur Kobus, ZS1DC, 'n lid van Boland ARK, geskenk is. Sertifikate sal eersdaags gepos word.


Die SARL-HF-Foonkompetisie.

24 Logstate is ontvang, 21 kompetisielogs en 3 kontrolelogs.

Voorlopige uitslae is dat Jan, ZS4JAN, die eerste plek verower het met 201 punte, met Andre, ZS2ACP, kort op sy hakke met 199 punte en Gary, ZS5NKk in derde plek met 168 punte. Die beste telling op 'n enkelband is beďnvloed deur soutwater. Die 40 meterband het die beste tellings gelewer met Andre, ZS2ACP, wat 140 punte behaal het, Theunis, ZS2EC het 114 punte bymekaargemaak, Barry, ZS2EZ, het 95 punte ingesamel en Allan, ZR1AAH, het 92 punte behaal. In die klubkompetisie neem die Bloemfontein RAK eerste plek in met 428 punte, gevolg deur die Port Elizabeth ARV met 321 punte en Pretoria ARK met 302 punte. Die volledige uitslae is beskikbaar in HF Happenings 265.

Komende kompetisies.

Lente QRP Sprint.

Die Lente QRP Sprint sal op SOndag 9 September op die lug wees vanaf 14:00 tot 16:00 SAT met foon- en GG-werking op die 40 meterband.

SARL BHF/UHF-Kompetisie.

Die tweede been van die SARL BHF/UHF-kompetisie vind in twee sessies plaas, die eerste vanaf 18:00 SAT op Vrydag 21 September tot 18:00 op Saterdag 22 September en die tweede vanaf 18:01 SAT op Saterdag tot 12:00 SAT op Sondag 23 September. GG, FM, ESB en digitale modusse kan gebruik word op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër bande.

Die reels vir beide kompetisies is beskikbaar in die 2007 SARL-Kompetisieboek.

RAE-KURSUS

Die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging bied op 29 September 2007 'n KLAS B (ZU) kursus aan SLEGS VIR DAMES. Dit is 'n eendagkursus.

Plek: Klubhuis, Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging, Ysterhoutlaan 58, Birchleigh, Kempton Park, Johannesburg.
Datum: Saterdag, 29 September 2007
Tyd: 09:00-17:00
SARL-eksamengeld: R300 vir volwassenes; R200 vir onder 25's.
Kursusgeld: Gratis, indien u u eie handleiding bring.

Kontak: Om vir die kursus in te skryf, kontak Hannes, ZS6LW, 073 180 3506 of via e-pos, zs6lw@absamail.co.za.

KLUBNUUS

Gesamentlike byeenkoms deur Suid-Kaap RadioKlub en Garden Route Radio Club.

Op Saterdag 8 September hou hierdie twee klubs 'n gesamentlike byeenkoms te Klein Brakrivier. Die doel van die byeenkoms is om bande tussen die twee klubs te versterk met die moontlikheid van samesmelting in een klub om beter verteenwoordiging van die amateurs in die betrokke gebied te bewerkstellig. Die verrigtinge begin om 12:00 en vind plaas by die Riverside Caravan Resort in Klein Brakrivier.

Beide klubs nooi alle amateurs en belangstellendes in die omgewing, om hierdie geleentheid by te woon. Dit sal die vorm van 'n bring-en-braai aanneem. Vir meer besonderhede kan Chris, ZS1M, by 044 698 1154 geskakel word.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal stil wees met moontlike lae stormvlakke gedurende 2 en 3 September. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

20 m en 40 m is die beste keuse vir DX met moontlike 20 m-openinge vanaf 15:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van swak 20 m-openinge na Australië vanaf 08:00. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike 20 m-openinge na Europa en 40 m kan vanaf 20:00 oopmaak. Kontakte met die Verenigde State gaan baie uitdagend wees.

Vir die morsekode- en digitale entoesiaste sal dit lonend wees om 10 MHz te monitor.

Plaaslik gaan toestande gedurende die dag op 40 m goed wees.

Verder is dit nou weer die tyd om saans kontakte te maak vir jou 80 m WAZS-toekenning.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou nog steeds kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir verdere inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

2 September, vandag nog, - Midlands Amateurradioklub, ZS5PMB, bedrywig by Underberg Boerevereniging se skou;
2 September, vanaand, - Presidentsnet en Integnet (Uitgetsel van 26 Augustus);
3 September – Sluiting van indiening van logs vir BARK Mobiele Sprint;
8 September – Gesamentlike byeenkoms van die Suid-Kaap en Garden Route Radioklubs te Klein Brakrivier;
9 September - Lente QRP Sprint;
20 September - Sluitingsdatum vir inskrywings vir Oktober RAE;
21 tot 22 September – Tweede been van die SARL BHF/UH-kompetisie;
29 September – Dames Alleen ZU-RAE-kursus deur die Kempton Park RATV;
4 - 10 Oktober - Spesiale ruimteprogram;
5 Oktober – Neem jou handdraagstel na die werk dag;
6 Oktober - SA AMSAT Ruimtekonferensie;
6 Oktober – Oosrand Amateurradioklub se vlooimark en AJV;
18 Oktober - Klas A RAE.

Sarlnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003